Die Hoër Meisieskool Bloemhof het vroeër vandeesweek hul wintersporttoekennings uitgedeel.
Elandri Schmidt (graad 8) is as die junior landloopatleet van die jaar aangewys terwyl Cimón van der Westhuizen (graad 11) die beste landloopatleet onder die seniors was.
Ferran Linders en Lenka Steenkamp deel vanjaar die trofee vir die beste junior netbalspeler –?hulle is in die SA o.16-span opgeneem.
Danica Fourie (graad 12) is aangewys as die beste senior netbalspeler van die jaar terwyl die o.15A-netbalspan, wat vanjaar die naaswenners van die Kay Motsepe-nasionale topskole-netbalkampioenskap was, 2019 se span van die jaar is.
Jessica Hess is vanjaar se junior hokkiespeler van die jaar, terwyl Emma Bekker die beste senior hokkiespeler is. Hulle is deel van die Bloemhof Investec o.19A-hokkiespan – vanjaar se hokkiespan van die jaar.