Bloemhof nou ’n sanggroep ryker

Die nuutste toevoeging tot die Hoër Meisieskool Bloemhof se kultuurpro­gram is ’n a capella-groep wat reeds vroeg in die skooljaar die eerste note saam as groep laat opklink het..

Bloemhof se nuwe a capella-groep met een van hul oefensessies.Foto: Leon Piron


Die nuutste toevoeging tot die Hoër Meisieskool Bloemhof se kultuurpro­gram is ’n a capella-groep wat reeds vroeg in die skooljaar die eerste note saam as groep laat opklink het.?

Die groep, onder leiding van Marijke de Villiers-Roos, bestaan uit 20 leerders.

“Ek is baie opgewonde oor die groep. Daar is soveel potensiaal en talent wat groei,” sê Danielle van Rooyen (gr. 10).

Annemi Burger, ook gr.10, beaam dit: “Dis meer as net mense wat saam sing. Dit is ’n familie wat vorm.”

Marijke meen dat hierdie groep nie net talentvol en energiek is nie, maar dat dit juis hul positiewe gesindheid is wat haar opgewonde maak.?

Al het die groep nog nie ’n amptelike naam nie, het hulle reeds drie liedere ingeoefen, iets waaroor Dalene Bosman, Bloemhof se musiekhoof, baie opgewonde is.

“Ons sien met verwagting uit na die eerste optrede,” sê sy.

You need to be Logged In to leave a comment.