Op Maandag, 21 Augustus 2017 is die nuwe leiers van die HMS Bloemhof ingehuldig en die hoofleiers vir die 2017/18-termyn aangekondig.
Ilke Horn is aangewys as die hoofdogter, terwyl Mia Fourie die rol van adjunk-hoofdogter sal vervul. Hulle word bygestaan deur ’n verteenwoordigende raad van leerders van 25 ander Bloemhoffers wat demokraties deur hul klasmaats verkies is.
Huis Bloemhof, die skool se koshuis, se nuwe huiskomitee (HK) is ook ingehuldig met Christi Hurter en Henda Slabber wat onderskeidelik as hoof- en adjunk-hoofdogter aangewys is.
Die skool se drie huise, Huis Hofmeyr, Huis Joubert en Huis Neethling, se kapteine en dirigente is ook tydens die inhuldigingseremonie aangekondig.
Aan die stuur van Hofmeyr staan Jancke Fourie, terwyl Ané Kuun en Stephanie van der Westhuizen vir onderskeidelik Joubert en Neethling gaan lei.