Voor: Zia van der Westhuizen, Mareli Hay, Renée Malan, Nerine de Vos, Kyanti Greyling, Annerine Strauss en Augusta-Mari Dercksen. Middel: Jani Truter, Nicola Viviers, Tia Bruwer, Ninke Radley, Georgia Channon, Nicole Bougas, Lynn Roussouw en Anneke Fourie. Agter: Katinka de Wet, Marié van Zyl, Ané Conradie, Jana Liebenberg, Jeanne-Marie Minnie, Emma Coetzee, Carmen Bonsma, Lara Steenkamp en Petri Hancke. Afwesig: Angela Schindehütte. Foto: Stephan Meyer


Die nuwe verteenwoordi­gende raad van leerders van die Hoër Meisieskool Bloemhof vir die termyn 2018-’19 is op 2 Augustus aangekondig nadat graad 8- tot 11-leerders hul kruisies getrek het.

Wel, nie heeltemal nie, sê Leon Piron, wat vanjaar gehelp het om ’n elektroniese stemstelsel te implementeer.

“Hierdie stelsel gee ons leerders die geleentheid om in ons hedendaagse tegnologiese wêreld nóg ’n vaardigheid baas te raak. Dit is ook van so ’n aard opgestel dat daar geen ruimte vir telfoute is nie.”

Die verkiesing het ook ten doel om ’n leerskool te wees. Leerders moet klasmaats wat as potensiële leiers beskou word, nomineer en uiteindelik uit daardie poel vir hul gekose leiers stem. Slegs die leerders mag stem, want dit is húlle wat verteenwoordig word.

In graad 8, 9 en 10 word vier leerders verkies, terwyl 10% van die graad 11-klas die groep verteenwoordig.

You need to be Logged In to leave a comment.