Jadé Carnow is een van 26 spelers van die Hoër Meisieskool Bloemhof wat vanjaar tot die Boland-Sentraal-netbalproewe deurgedring het.
Dit is die grootste groep wat Bloemhof nóg opgelewer het. “Wat ons veral beïndruk, is die groot hoeveelheid juniors wat die skool by hierdie strawwe proewe gaan verteenwoordig,” sê Almaré van der Vyver, sportbestuurder vir netbal by Bloemhof.
Die 25 leerders is soos volg:
. o.18: Jadé Carnow, Nina Pretorius en Zàn-Mari Röth
. o.17: Danica Fourie, Jana Liebenberg en Jeannie Jooste
. o.16: Anje Dercksen, Azrea Sylvester, Emma-Louise van der Sandt, Lisa Kruger, Minique Liebenberg en Sibella Barnard
. o.15: Ané Jooste, Augusta-Mari Dercksen, Ferran Linders, Greta Malan, Lenka Steenkamp en Linda Mentz
. o.14: Anja Hartogh, Carla Janse van Rensburg, Helena Swart, Lara Steyn, Lize de Villiers, Tiani Fourie, Lara Steenkamp en Tilla-Marie Schreuder.