Bloemhof-sport vaar goed in die noorde

Die eerste netbal- en hokkiepsanne van die Hoër Meisieskool Bloemhof het uitstekend presteer in hul onderskeie wedstryde by die jaarlikse National All Girls’ School Festival wat onlangs aangebied is.


Die eerste netbal- en hokkiepsanne van die Hoër Meisieskool Bloemhof het uitstekend presteer in hul onderskeie wedstryde by die jaarlikse National All Girls’ School Festival wat onlangs aangebied is.

Die toernooi het van 27 tot 30 April by die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria plaasgevind.

’n Totaal van 22 meisie-skole van regoor Suid-Afrika het aan dié toernooi deel-geneem.

Bloemhof se Incredible Connection eerste netbalspan wen 10 van sy 12 wedstryde. In die halfeindrondte verloor die span teen Affies en daarna weer teen Eunice om ’n 4de plek in die toernooi te behaal.

Op die astrobaan slaag die Investec eerste hokkiespan om in ses van sy sewe wedstryde te kon seëvier. Dit was net Rhenish Girls’ High School wat Bloemhof in die uitspeelwedstryde kon klop. Uiteindelik behaal die hokkiespan ’n 5de plek uit die 22 deelnemende skole.

Nadia van Blommestein (gr. 12-senter vir die eerste netbalspan) is aangewys as die beste senterbaanspeler van die toernooi.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.