Bloemhof-swemmers blink uit in water

Die Hoër Meisieskool Bloemhof se jaarlikse interhuisswemgala het Dinsdag 28 Januarie plaas­gevind.


Juané Cronjé, Yanti Prins en Abigail Calitz Foto: Stephan Meyer

Die Hoër Meisieskool Bloemhof se jaarlikse interhuisswemgala het Dinsdag 28 Januarie plaas­gevind.

Swemmers van Huis Joubert, Huis Hofmeyr en Huis Neeth­ling het mekaar die stryd aangesê. Huis Hofmeyr (252 punte) is vanjaar die wenner, terwyl Huis Joubert (218) tweede was. Al kon die ma­trieks van Huis Neethling daar­in slaag om die pretaflos te wen, moes hulle vanjaar met die derde plek (202 punte) tevrede wees. Die beste swem­mers was Juané Cronjé (o.14), Yanti Prins (o.16) en Abigail Calitz (o.19).

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.