Bloemhof weer een van SA se topskole

Hoër Meisieskool Bloemhof is vanjaar weer die beste Afrikaansmedium-hoërskool in Suid-Afrika en die derde beste kwintiel 5-skool in die land.


Hoër Meisieskool Bloemhof is vanjaar weer die beste Afrikaansmedium-hoërskool in Suid-Afrika en die derde beste kwintiel 5-skool in die land.

Die topskole van regoor Suid-Afrika is by die vyfde jaarlikse nasionale prysuitdeling vir uitnemendheid in opvoeding, wat op 6 April in Pretoria plaasgevind het, deur die regering vereer. Bloemhof was een van net drie Wes-Kaapse skole wat by die geleentheid gehuldig is.

Rustenberg Girls’ High en Westerford High School is aangewys as die top kwintiel 5-staatskole in Suid-Afrika, terwyl Bloemhof die derde plek beklee. Hierdie drie skole was in 2017 ook die topskole in kwintiel 5.

“Ons is dankbaar vir die erkenning van uitmuntendheid deur die nasionale minister, Angie Motshekga. Bloemhof is bevoorreg om ’n puik personeel te hê en leerders wat inkoop in die etos van die skool. Alles is egter net genade,” sê Wilna van Heerden, Bloemhof se skoolhoof.

Skole word in een van vyf kwintiele verdeel na gelang van die beskik­baarheid van hulpbronne. Kwintiel 1-skole het beperkte toegang tot hulpbronne, terwyl kwintiel 5-skole in ryker gemeenskappe geleë is.

Die skole in elke kwintiel word op grond van verskeie faktore bepunt om uiteindelik die topskole te bepaal.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.