Die groep atlete wat aan die Noord-Wes Universiteit se Top-30-byeenkoms deelgeneem het. Agter van links staan Anne-Marie Celliers, Cimón van der Westhuizen, Cecilia Willers, Greta Malan, Helena Swart, Elle Olivier en Azrea Sylvester. Middel: Karla Brugman, Linda Mentz, Anneken Viljoen (kaptein), Mienke Viljoen en Nelbé Mouton. Voor: Grace Prins, Elandri Schmidt, Callista Prinsloo en Theresa Ritter. Janke-Marthine Viljoen, Kate Brevis, Ilse Brugman en Jaylin Buys was afwesig toe die foto geneem is.Foto: Stephan Meyer


Altesaam 20 atlete van die Hoër Meisieskool Bloemhof het die naweek van 18 en 19 Oktober aan die Noord-Wes Universiteit se Top-30-byeenkoms in Potchefstroom deelgeneem waar hulle as die wenners van die B-afdeling (20 atlete of minder) aangewys is.

Anneken Viljoen (800 m; meisies o.17) en Azrea Sylvester (verspring; meisies o.17) het goue medaljes gewen terwyl Elandri Schmidt (o.15) ’n tweede plek in die 3000 m en ’n derde plek in die 1500 m losgehardloop het. Anneken se jonger suster, Mienke (o.16), het ’n bronsmedalje in die 400 m gewen.

’n Aantal atlete het aan die Bredasdorp-Top-10-byeenkoms in die Overberg deelgeneem. Dominique Visagie het ’n tweede plek in die driesprong vir meisies o.15 behaal en Kyanti Greyling ’n derde plek in die 300 m-hekkies vir meisies o.15.

You need to be Logged In to leave a comment.