Twee matriekleerders aan die Hoër Meisieskool Bloemhof se kunstalent ken geen perke nie.

Hulle is 21 Oktober by die P.J. Olivier-kunssentrum se jaarlikse prysuitdeling as die algehele wenners in hul onderskeie kunsdissiplines aangewys.

Chanté Harding (ontwerpkuns – llustrasie) en Gabby Smuts (visuele kuns – teken) ontvang elk ’n kontantprys van Sotheby’s International en ’n wisseltrofee. Gabby is ook aangewys as die wenner van die Sandra Hanekom spesiale prys vir uitnemendheid in visuele kunsteorie (graad 11 en 12).

Ander Bloemhoffers wat pryse ontvang het, is Lara Rossouw (passie en entoesiasme in visuele kuns – fotografie), Nanette Lamprecht (tekstielontwerp-uitstalling met die meeste visuele impak) en Susan van der Westhuizen (uitnemende praktiese werk – visuele kunsskilder).

Verder is twee Bloemhoffers ook vir die hoofdeskild vir uitnemendheid genomineer: Janneke van Zyl (visuele kuns – fotografie) en Audrey van der Merwe (visuele kuns – skilder).

Marné Loots, ’n graad 11-leerder wat keramiek as praktiese komponent het, het die Pieter Bredenkamp-wisseltrofee vir beste vordering in praktika in graad 11 ontvang. Die graad 12-kunsleerders se werk word tans in die PJ Olivier Kunssentrum uitgestal.

You need to be Logged In to leave a comment.