Die Stringendo Strykensemble is aangewys as die beste strykorkes op die Stellenbosch Eisteddfod. Agter, van links, is Dané Hayes, Alet Müller, Vitske van Zyl, Amoré Steyn (dirigent), Nicola Otto en Danie Cronadie. In die middel is Carla Müller, Jana Swanepoel, Inge Smit, Cara Lourens, Emma de Beer, Stefani Human, Jana Vorster en Zoë Coetzee. Voor is Lisa Dudley, Marianne Strauss en Matt Truscott. Foto’s: Stephan Meyer


Leerders van die Hoër Meisieskool Bloemhof het behoorlik op die Stellenbosch-eisteddfod geblom en heelwat Bloemhoffers het vanjaar spesiale pryse by die kunswedstryd se prysuitdelings ontvang.

Die Stringendo-strykensemble, wat twee strykers van Paul Roos Gimnasium – Danie Conradie (gr. 10) en Matt Truscott (gr. 9) – insluit, is vanjaar aangewys as die beste strykorkes.

Hulle het Sondag 10 Junie die Eikestadnuus-wisseltrofee ontvang en is ook genooi om die senior musiekprys­wennerskonsert te open waar hulle, onder meer, die eerste beweging van Vivaldi se winter-concerto, met Zoë Coetzee as solis, gespeel het.

Zoë (gr. 12) het vanjaar die Stellenbosch-musiekonder­wysersvereniging­beker vir klavier, 17 jaar, ontvang, maar dis veral haar uitvoerings as violis waarvoor sy vereer is.

Sy het die Pieter Schoeman-beker (belowendste viooldeelnemer onder hoërskoolleerders), die mev. A.C. Botha-beker (hoogste prestasie: senior violis) en die Susan de Villiers-geldprys vir beste hoërskoolviolis ontvang. Verder het sy vanjaar die Stellenbosch-kunswedstryd­geldprys met Ethan Lawson, ’n tjellis van Durbanville, vir die beste prestasie in twee uit drie verpligte kategorieë, naamlik solo, sonata of concerto, gedeel.

Mia Mege en Mia Decinti, albei graad 9-leerders, het die Bessie van Brakel-wisselbeker vir senior klavierduet gewen en het die C.G.W. Shumann­wisselbeker vir die afdeling vir twee klaviere saam met Minette Lambrechts en Lenka Steenkamp ontvang.

Die Score 2 Duo-fluitensemble, wat uit die Bloemhoffers Estelle Truter (gr. 12), Elrie Janse van Rensurg (gr. 12), Elizna Horn (gr. 10) en die Rhenish-leerder Ally Osborne bestaan, het die Stellenbosch-kunswedstryd-beker vir blaasinstrumente (ope ensemble) gewen terwyl die Bloemhof/Paul Roos-blaasorkes, Musica Perpetua, die beker vir die beste blaasorkes by die kunswedstryd gewen het.

Talyah Greyling (gr. 11) en Kaelin Louw (gr. 12) het in die afdeling vir sang onderskeide­lik die Stellenbosch-kuns­wedstrydmedalje vir meisie­solosang: 16 jaar, en meisie­solosang: 17 jaar gewen.

Jean-Marie Minnie het hierdie prys vir die afdeling konsert­program: 16 jaar en ouer gewen. Kaelin het ook die C.F. Smit-beker vir beste vroulike deelnemer in die afdeling musiek en sang ontvang.

Bloemhoffers het ook in die visuele kunste spesiale pryse ontvang.

Nanette Lamprechts, ’n oudleerder (2017), het die Dirkie Offringa-trofee vir beste seniorontwerpkunstenaar asook die Stellenbosch-kunswedstryd­medalje vir tekstiel graad 12 ontvang.

Verskeie Bloemhoffers het die Stellenbosch-kunswedstryd­medalje in hul onderskeie dissiplines ontvang: Bianca Pretorius (teken, gr.
10-­11), Emma Oosthuizen (skilder, gr. 12), Klara Flemming (drukkuns, gr. 10-11), Karla Visser (keramiek, gr.
10-11), Gabby McDonald (tekstiel, gr. 10-11) en Karla Krieg (juweliersontwerp, gr.10-11).

Ané Havenga (gr. 12) is op die verhoog as die beste senior deelnemer aangewys en het die Andreas van Wyk-beker en die Stellenbosch-kunswedstrydmedalje (beste deelnemer, gr. 12) en die Stellenbosch-kunswedstryd­beker vir senior voordrag en die Stellenbosch-kunswedstryd­geldprys ontvang.

Mienja Struass het die Stellenbosch-kunswedstrydbeker vir beste-gr. 8-deelnemer ontvang terwyl Emma Basson, Mia Lombard, Anna-Mart Louw, Mia Scholtz, Sanja Swanepoel en Andrea Visser – almal gr. 8-Bloemhoffers – met die Rudolf Gouwsbeker vir junior toneel bekroon is.

You need to be Logged In to leave a comment.