Bloemhoffers bring hul kwellinge na die verhoog

Die HMS Bloemhof se senior toneelgeselskap is volgende week op die H.B. Thom se verhoog te sien.


Die HMS Bloemhof se senior toneelgeselskap is volgende week op die H.B. Thom se verhoog te sien.

Vanjaar se produksie is getiteld tot stof/tot stilte en die regie word weer deur dr. André Gerber en Anél Joubert behartig terwyl David Wolfswinkel vir die musiek sorg. Dis dieselfde skep­pende span wat verlede jaar met die ATKV-prys vir beste regie en beste tegniese versorging bekroon is.

“Hierdie jaar handel die toneelstuk oor dié dinge waaroor Bloemhoffers hulle kwel – dinge wat die meeste van ons tyd in beslag neem,” sê Gerber, wat ook die skool se drama-onderwyser is.

“Ons ondersoek onderwerpe en temas soos tegnologie, die internet, sosiale media, selfbeheptheid en die algehele paniek wat spruit uit daai oorweldigende gevoel van ‘daar’s net te véél!’ Dis die geraas van ons tyd.”

Bloemhof se tot stof/tot stilte word Dinsdag 21 en Woensdag 22 Augustus om 19:00 in die H.B. Thom-teater opgevoer. Kaartjies kos R50 en kan by 2 betalings@bloemhofschool.co.za bespreek word.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.