Bloemhoffers dring deur

Vier tennisspelers van HMS Bloemhof het die afgelope naweek aan die provinsiale eindronde van die Paribas Rising Star-tennistoernooi vir o.16’s deelgeneem en in al vier rondes koning gekraai.


Vier tennisspelers van HMS Bloemhof het die afgelope naweek aan die provinsiale eindronde van die Paribas Rising Star-tennistoernooi vir o.16’s deelgeneem en in al vier rondes koning gekraai.

Die streeksuitdun in hierdie nuwe tennistoernooi is vanjaar op 9 Mei beslis, waar die spanne van Bloemhof en Rhenish Girls High na die provinsiale eindronde deurgedring het. Die Bloemhoffers het verlede Sondag nie net sterk kompetisie in die gesig gestaar nie, maar moes ook gure weer aandurf. Ten spyte hiervan het hulle Curro Durbanville in die laaste ronde geklop en die trofee gelig sonder om ’n enkele stel in enige van die wedstryde af te staan.

Hierdie Bloemhofspan dring nou deur na die nasionale eindronde wat later vanjaar sal plaasvind indien Covid-19 en die inperking dit toelaat.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.