Altesaam vier Bloemhoffers het van­jaar die SA taalbond se toptienlys gehaal.

Andri Malan (graad 10) en Talyah Greyling (graad 11) het ’n derde plek in die Taalbond se tweetaligheids­eksamen verwerf – Andri in die junior en Talyah in die senior afdeling. Clara Dudley (graad 11) het agtste en Danielle Louw (graad 12) negende onder die seniors geëindig.

Hierdie eksamen word deur die Suid-Afrikaanse Taalbond opgestel, in April geskryf en bied aan hoërskoolleerders die geleentheid om hul tweetaligheid te bepaal en ’n sertifikaat te verwerf waarop dit aangedui word.

You need to be Logged In to leave a comment.