Nie minder nie as ses redenaars en drie debatspanne van die Hoër Meisieskool Bloemhof het vanjaar tot die ATKV se jaarlikse redenaars- en debatkompetisie se nasionale eindronde deurgedring.
Dié eer val slegs die bestes in die Wes-Kaap te beurt.
Die Bloemhof-redenaars wat in Augustus hul toesprake gaan lewer, is Melissa Ducharme, Tia Bruwer, Mienja Strauss, Thina Gabavana, Misha Potgieter en Lona Mhaga.
Twee junior debatspanne sal ook in Augustus aan die woord wees wanneer hulle oor die voortbestaan of afskaffing van openbare vakansiedae in Suid-Afrika stry.
Die seniors – Andri Malan en Annerine Struass – debatteer oor klimaatsveranderingpraktyke en die regulering hiervan deur nasionale wetgewing al dan nie.