Janke-Martine Viljoen, Amelia Kruger, Karli Roux, Minke Viljoen (kaptein), Jané Louw en hul Edge-afrigter, Pascal Guebert, na afloop van die toernooi. Foto:


Die HMS Bloemhof se tennisspelers het vanjaar hul titel as kampioen van die CR van der Merwe-tennistoernooi suksesvol verdedig.

In die eerste twee rondes slaag die Bloemhoffers daarin om die gedugte tennisspanne van die Hoërskool Gimnasium Paarl en die Hoër Meisieskool Paarl onderskeidelik met 10-4 en 9-4 te wen. Daarna maak hulle skoonskip met HS Stellenbosch en HS Stellenberg om in die vyfde en laaste ronde teen Curro Durbanville met 8-7 te seëvier.

Die toernooi was in ’n rondomtalie-formaat en uitslae in die meisieafdeling is as volg:1. Bloemhof (52 punte)2. Curro (44 punte)3. HMS Paarl (42 punte)4. HS Gimnasium Paarl5. HS Stellenberg6. HS Stellenbosch

V Karli Roux is aangewys as die speler van die toernooi en Janke-Martine Viljoen as speler met beste sportmangees.

You need to be Logged In to leave a comment.