Altesaam vyf leerders van die Hoër Meisieskool Bloemhof het vanjaar in verskillende nasionale redenaars­kompetisies hul sê gesê.

Tia Bruwer (gr. 9) het reeds in Sep­tem­ber aan die nasionale eindronde van Podiumpret deelgeneem waar sy ’n vierde plek vir haar onvoorbereide toespraak in Afrikaans ontvang het.

Sy neem 13 Oktober aan die laaste ronde van Radikale Redenaar deel waar sy in die afdeling vir voorbereide toe­sprake in Afrikaans as die tweede beste in Suid-Afrika aangewys word.

Ook Mienja Strauss (gr. 8) wen ver­skeie pryse by hierdie nasionale rede­naarskompetisie. Sy ontvang ’n eerste plek in die afdeling tweetaligheid asook in die afdeling reading: prose, eindig tweede in die afdelings vir English home language en lees: prosa en derde in die afdeling vir eksperimenteel: individueel. Vir Afrikaans as moeder­taal eindig sy vyfde.

Misha Potgieter (gr. 8) het by dié kompetisie tweede en Melissa Ducharne (ook gr. 8) negende in die afdeling Afrikaans as moedertaal geëindig, terwyl Andri Malan (gr. 10) ’n nasionale derde plek met haar voorbereide toespraak kry.

Die landwye eindronde van die Oppie-tong-af-redenaarskompetisie vind 15 en 16 Oktober plaas en daar verower Mienja weer twee eerste plekke vir toesprake in Engels in die afdeling English home language en in Afrikaans, haar huistaal.

Melissa word ’n tweede plek toegeken vir haar onvoorbereide toespraak (Afrikaans) en Tia eindig in onderskeidelik die voorbereide en onvoorbereide afdelings vierde. Andri eindig hier tweede in die afdeling vir ’n voorbereide toespraak in Afrikaans.

You need to be Logged In to leave a comment.