Die Bloemhof Incredible Connection Landloopspan het ’n voortreflike seisoen agter die rug en eindig tweede in die skoleliga.
Slegs die gedugte HMS La Rochelle is die span een tree voor.
Die junior span is egter loshande die kampioene en voorspel beslis ’n blink toekoms vir Bloemhof-landloop.
By die Boland-landloop-kampioenskap wen Lara Rossouw (gr. 12) goud in die 6 km wedloop vir junior vroue, terwyl Cimòn van der Merwe (gr. 9) die silwer- en Jeanné Roothman (gr. 11) die bronsmedalje in die 4 km verower.
Cimòn en Jeanné verteenwoordig ook die Boland by die Wes-Kaapse landloopkampioenskap wat Saterdag 26 Augustus in George plaasgevind het.
Cimòn behaal ’n vierde plek en word in die Wes-Kaapse span opgeneem, maar met ’n sewende plek mis Jeanné hierdie span net-net.