Bloemhoffers maak skoonskip

Die Hoër Meisieskool Bloemhof se atlete pluk reeds die vrugte van harde werk en volgehoue deursettingsvermoë.


Die Hoër Meisieskool Bloemhof se atlete pluk reeds die vrugte van harde werk en volgehoue deursettingsvermoë.

Die Bloemhof-span is by die onlangse NWU Top-30-atletiekbyeenkoms, waar 71 skole van reg oor Suid-Afrika deelgeneem het, as die wenner van die meisiesafdeling vir skole wat minder as 15 atlete ingeskryf het, aangewys.

Slegs die top-10-Bloemhofatlete was deel van die span wat saam met die sowat 2 300 leerders aan dié byeenkoms deelgeneem het.

Mieke Basson (graad 11), Bloemhof se atletiekkaptein, het twee eerste plekke behaal – in die 100m-hekkies en in die verspring, waar sy ’n afstand van 5.58 m gespring het.

Georgia Channon (graad 11), die span se onderkaptein, het ’n eerste plek in die diskus vir meisies o.17 behaal. Haar wenafstand was 40.48 m.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.