Bloemhoffers maak skoonskip by topskole

Vier van die HMS Bloemhof se netbalspanne het die naweek aan die provinsiale uitspeelrondes van die Topskole-netbaltoernooi in Hermanus deelgeneem én deurgedring na die finaal.


Vier van die HMS Bloemhof se netbalspanne het die naweek aan die provinsiale uitspeelrondes van die Topskole-netbaltoernooi in Hermanus deelgeneem én deurgedring na die finaal.

Die o.14- en o.18A-span het nie een wedstryd verloor nie, terwyl die o.16- en o.17A-span slegs in een wedstryd die onderspit moes delf. Die o.15’s neem nie aan die toernooi deel nie.

Dis die eerste keer in die skool se geskiedenis dat ál die deelnemende spanne na die finaal deurdring. Bloemhof is ook die enigste skool in die Wes-Kaap wat dié eer te beurt geval het.

“Ons is geweldig trots op ons spelers, afrigters en spanbestuurders wat die koue Saterdag trotseer het,” sê Rése Hugo, die skool se assistent-sportbestuurder en koördineerder van die skool se netbal.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.