Die eindronde van die Wes-Kaapse jaarlikse Radikale Redenaarkompetisie is onlangs by die Hoërskool Stellenberg beslis.

Sprekers van reg oor die provinsie het dit uitgespook om een van slegs twee plekke per ouderdomsgroep in die eindronde op te raap.

Wat die graad 8-leerders in die Wes-Kaap betref, behoort al twee dié plekke agter die mikrofoon aan Bloemhoffers.

Melissa Ducharme en Mienja Strauss is Saterdag 25 Augustus aangewys as die beste sprekers in hul ouderdomsgroep en het tot die nasionale eindronde in Pretoria deurgedring.

Hulle is behoorlik opgewonde.

“In my toespraak sê ek Suid-Afrika beskik oor veel meer heuning as asyn, al is dit nie altyd so voor die hand liggend nie,” sê Mienja.

Melissa se onderwerp is “Daar is tralies tussen ons en lag”.

Die eindronde is op 13 Oktober in Pretoria.

Nóg ’n Bloemhoffer, Tia Bruwer (graad 9), sal ook hier deelneem.

You need to be Logged In to leave a comment.