Die o.15A-netbalspan is agter Olivia Kruger, Lara Steyn, Lara Steenkamp en Carla Janse van Rensburg. Voor is Anja Hartogh, Tilla-Marie Schreuder, Lize de Villiers en Helena Swart. Afwesig: Emma Beukes. Foto: Stephan Meyer


Die Hoër Meisieskool Bloemhof se o.15A-netbalspan het sy seisoen op ’n hoë noot afgesluit toe dié span die silwermedalje in die Kay Motsepe-netbalkampioenskap gewen het.

Hulle het reeds in Junie vir dié toernooi se nasionale uitdunne gekwalifiseer en aan die einde van Augustus in Gauteng teen die sterkste o.15-spanne in die land meegeding. Daar het die netbalmeisies tien van hul 11 wedstryde gewen en slegs in die nasionale eindstryd die knie gebuig voor die Hoër Meisieskool Paarl.

You need to be Logged In to leave a comment.