Zita Oberholtzer, Zahn Marais en Julia du Preez, Bloemhof se Mastermindspan, het die All Girls’ Festival se vasvrakompetisie gewen.Foto: Stephan Meyer.


Die HMS Bloemhof het verlede week in die Paarl aan die 20ste All Girls’ Festival vir openbare meisieskole deelgeneem. Die Bloemhof Investec o.19A-hokkiespan het vyfde geëindig, terwyl die eerste netbal- en tennisspanne albei tot die toernooi se eindstryde deurgedring het en slegs teen spanne van die C & N Sekondêre Meisieskool Oranje die knie moes buig.

Dit was ook die eerste keer dat Bloemhoffers aan die fees se kultuur-afdeling deelgeneem het. Zita Oberholtzer (gr. 10), Julia du Preez (gr.10) en Zahn Marais (gr. 11) het tydens Masterminds, die fees se vasvrakompetisie, verskeie besienswaardighede in en om die Paarl besoek en vrae daaroor beantwoord. Hulle het in ses van die agt afdelings gewen en is as die algehele wenners van Masterminds aangewys.

You need to be Logged In to leave a comment.