Spanne van die KDP-netbalklub in Klapmuts het vanjaar uitstekend op die netbalbaan gevaar en die dorp se naam omhoog gehou. Die klub, wat die afgelope twee jaar op die ontwikkeling van jong spelers fokus, speel in ligas van die Stellenbosch-distriknetbalunie en het vanjaar altesaam 10 trofeë tydens die unie se prysuitdeling opgeraap. Die geleentheid is Saterdag 9 Desember in die saal van Cloetesville Primêre Skool aangebied. Hier spg lede van die KDP-netbalklub met hul toekennings.