Boeliegedrag maak Susan sterker

Susan Muller se droom om ’n skoonheidskoningin te word, het met ’n groot struikelblok begin, maar nou gebruik sy dié les om ander te inspireer.


Susan Muller se droom om ’n skoonheidskoningin te word, het met ’n groot struikelblok begin, maar nou gebruik sy dié les om ander te inspireer.

Susan, ’n student aan die Inscape Kollege in Stellenbosch, het verlede jaar ’n video op sosiale media geplaas as deel van haar inskrywing vir Mej. Suid-Afrika. Dié video het talle kykers gekry, maar vir die verkeerde redes, vertel sy.

“Grootmense – veral mans – het in die kommentaar-afdeling baie lelike aanmerkings oor my gemaak. Dit was verskriklik vernederend, om die minste te sê, maar ek het besluit om die ervaring met boeliegedrag as dryfkrag te gebruik. Indien dit met my, ’n grootmens, kan gebeur, wat nog van jongmense wat so baie interaksies aanlyn het?” het Susan haarself gevra.

Dié derdejaar-bemarking-student het toe besluit om vir die Miss Cosmo South Africa-kompetisie in te skryf en ’n organisasie geskep om ander, wat onder boeliegedrag deurloop, te ondersteun.

Die Stop-stigting is toe gebore.

Susan help ander op sosiale media deur die stigting en werk om ’n ondersteunende aanlyn gemeenskap te skep. Nou beoog sy om praatjies by skole oor boelies te doen.

“Ek is self op skool geboelie. Dit was so erg dat ek uiteindelik skole geruil het. In my matriekjaar was daar ook ’n leerder in my klas wat selfdood gepleeg het. Dit alles het my passie aangewakker. Baie keer besef ons nie eens die gevolge wat boeliegedrag op ons het tot baie later nie,” vertel Susan.

  • Volg Susan Muller op sosiale media en kry só meer inligting oor die Stop-stigting en haar reis as Miss Cosmo SA-deelnemer.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.