Die gewilde kykNET-reeks Boer soek ’n vrou het in die afgelope 14 reekse bewys dat dit wel moontlik is om liefde op die kassie te vind en hubare boere, wat ook die kans wil waag om liefde op dié manier te vind, kan nou vir die 15de reeks van dié werklikheidsreeks inskryf.

In 2022 se reeks, waarvan die slot-episode pas uitgesaai is, het drie uit die topvyf boere, Tyson, Petré en Johan, liefde as gevolg van hul deelname aan die reeks gevind.

Boonop in die vorige reeks (in 2021) het die boere-Kupido se pyle talle boere getref.

Só het boer Niel onlangs met sy gekose pasmaat, Cherize, getrou en het trouklokkies ook vir PF en Chantelle gelui.

Later vanjaar is Albert en Chanté, asook Déan en Megan op pad kansel toe.

Nou soek kykNET 2023 se oes van boere of plaasbestuurders, manlik of vroulik, wat deel wil wees van die 15de seisoen.

Die volgende reeks sal vir ’n derde keer deur die beeldskone Marciel Hopkins aangebied word.

Boere kan op die volgende maniere inskryf:
. Besoek www.kyknet.tv waar jy óf aanlyn kan inskryf óf ’n inskrywingsvorm kan aflaai.. Bel die vervaardigers, Wolflight, by 076 600 6090.. Stuur ’n e-posboodskap na boer@wolflightsa.com.Belangrike inligting:. Foto’s en afskrifte van identiteitsdokumente moet inskrywings vergesel. . Diegene wat wil deelneem, moet ongetroud en ouer as 21 jaar wees.. Inskrywings moet die vervaardigers voor middernag op 5 Mei vanjaar bereik.. Hou kykNET se sosiale media of die media dop vir die aankondiging oor 2023 se top-10-boere. Moontlike pasmaats sal dan hul beurt kry om vir dié boere briewe te skryf. Die 15de reeks sal van Januarie 2023 op kykNET uitgesaai word.

You need to be Logged In to leave a comment.