Paul Roos Gimnasium (PRG) se gholf- eerste span het Maandag (23 Mei) op Boschenmeer die hooftitel by die Boland-hoërskoolkampioenskap gewen deur 11 houe voor Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) te eindig. Die tweede span het ook goed vertoon en derde geëindig. Andries van der Vyver het die individuele titel met bestendige, puik spel verower deur gelyk aan baansyfer (108 houe) vir die kompetisie, wat oor 27 putjies gespeel is, te eindig. Hy is goed ondersteun deur sy spanmaats Jack Brugman (112), Nicolas van der Vyver (113) en Gerard Hartman (114). Die spanne PRG en Booishaai sal die Boland in Augustus by die SA skolekampioenskap verteenwoordig. Agter is Nicolas van der Vyver, Tienie Hendriksz (afrigter) en Andries van der Vyver. Voor is Gerard Hartman en Jack Brugman (kaptein).Foto: Boland Gholfunie
Boland se bestes!
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.