Die rugbyspelers van die Rietenbosch Primêre Skool sal in styl op die veld draf danksy ’n borgskap van ACDC Dynamics – ’n eerste vir die skool sedert sy ontstaan 32 jaar gelede.
“Ons wil graag ons borg, ACDC Dynamics, vir die ondersteuning bedank. Ons is oneindig dankbaarvir dié geleentheid. Ons rugbyspelers is opgewonde en gereed vir die afskop van die volgende rugbyseisoen. Ons nooi ander sakeondernemings om aan boord te kom en ons te help om in ons jeug te belê,” het Recardo August, die spanbestuurder, gesê.
Die skool se drie seunsrugbyspanne – o.9, o.11 en o.13 – sal in pragtige nuwe truie en broeke op die veld draf.