Botsing eis 1 buite Klapmuts

Een persoon is dood en 24 beseer in twee afsonderlike ongelukke naby Stellenbosch tussen Saterdag (4 Februarie) en Dinsdag (7 Februarie).


Een persoon is dood en 24 beseer in twee afsonderlike ongelukke naby Stellenbosch tussen Saterdag (4 Februarie) en Dinsdag (7 Februarie).

In die eerste voorval is een persoon dood en 13 beseer toe ’n minibustaxi Saterdag skuins voor 14:00 op die N1 naby Klapmuts in ’n trompop botsing met ’n ligte voertuig betrokke was.

Met ER24 en Metro EMS se aankoms op die toneel het die ligte voertuig op sy dak gelê en die minibustaxi langs die pad met talle passasiers wat langs die pad gelê het.

“Nooddienste het die pasiënte behandel en een persoon op die toneel dood verklaar. Nog twee pasiënte is in ’n kritieke toestand en talle ander met geringe beserings na die naaste hospitaal geneem,” het Russel Meiring, ER24-woordvoerder, gesê.

Die oorsaak van die ongeluk is steeds onbekend.

. In nog ’n ongeluk is nege mense beseer toe ’n bakkie en twee ligte voertuie Dinsdagoggend omstreeks 07:30 in ’n botsing op die Polkadraaipad buite Stellenbosch betrokke was.

Met die reddingsdienste se aankoms op die toneel het talle passasiers met geringe beserings langs die pad gesit. Niemand het ernstige beserings in die ongeluk opgedoen nie.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.