Die wrak waarin drie mense Vrydagaand op die N1 naby die Klapmuts-afrit gesterf het.


Drie mense is Vrydagaand (2 Februarie) dood toe die motor waarin hulle gery het, vermoedelik die agterkant van ’n vragmotor op die N1 naby die Klapmuts-afrit getref het.

Volgens ’n betroubare bron het die botsing omstreeks 18:40 gebeur en net die twee voertuie was betrokke.

Die Toyota Corolla waarin die drie oorledenes gery het, het glo van agter die vragmotor gekom en teen die agterkant daarvan gebots.

Die bestuurder van die vragmotor het geen beserings opgedoen nie. Die Klapmuts-polisie, provinsiale verkeersbeamptes, ambulansdienste asook die brandweer was vinnig op die toneel.

Navrae is aan Klapmuts-polisie gerig, maar dit kon teen druktyd nie bevestig word of ’n klagte teen die bestuurder van die vragmotor aangemeld is nie.

You need to be Logged In to leave a comment.