Brandbestryders van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit het Sondag weer hul hande vol gehad toe hulle ’n brand in Franschhoekpas in warm, winderige weersomstandighede moes bestry. Die brand het omstreeks 11:30 in ’n kloof onderkant die Mont Rochelle-staproete ontstaan. Drie helikopters is ontplooi wat die vlamme met waterbomme bestry het. Die brand is deur die vinnige optrede van die KWDM geblus. Foto: Lise Beyers


Brand gou geblus

You need to be Logged In to leave a comment.