Die skade wat die brand op Simonsberg by Kanonkop-landgoed veroorsaak het.

Michelle van der Spuy

Die skade wat die brand op Simonsberg by Kanonkop-landgoed veroorsaak het.

Die brand op Simonsberg woed vir ‘n vierde dag met meer as 100 brandbestryders wat tans probeer om die vuur in bedwang te bring.

Volgens Simonsberg-natuurreservaat is ongeveer 120 brandbestryders en 12 voertuie op die toneel by onder meer Muratie, Delheim en Backsberg waar vure nog aktief is.

Sedert die brand Dinsdag begin het, is sowat 2 800 hektaar plantasies en wingerde verwoes.

Die brand het intussen ook na Klapmutskop versprei.

Dale Nortje, woordvoerder van die Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit het die beheersentrum by Delvera-landgoed bedank vir hul harde werk en veral die brandbestryders wat vir drie dae spook om die brand onder beheer te bring.

Eikestadnuus het gister Kanonkop-landgoed besoek. Kliek deur ons galery om te sien watter skade die brand veroorsaak het.

Die skade wat die brand op Simonsberg by Kanonkop-landgoed veroorsaak het.

Die skade wat die brand op Simonsberg by Kanonkop-landgoed veroorsaak het.

Die skade wat die brand op Simonsberg by Kanonkop-landgoed veroorsaak het.

Die skade wat die brand op Simonsberg by Kanonkop-landgoed veroorsaak het.

Die skade wat die brand op Simonsberg by Kanonkop-landgoed veroorsaak het.

Die skade wat die brand op Simonsberg by Kanonkop-landgoed veroorsaak het.

You need to be Logged In to leave a comment.