VASTech, ’n wêreldwye verskaffer van telekommunikasie-oplossings, is in Tegnopark gesetel en het verlede Vrydag die leerders en opvoeders kom verbly met ’n skenking van skryfbehoeftes en sporttoerusting. Gilroy Willians, hoof van die skool, sê: “Sjoe, dit was nou ’n verrassing vir ons almal. Daar ís darem nog maatskappye wat omgee vir skole soos ons wat gebuk gaan onder geweldige finansiële uitdagings.” Agter op die foto by die opgewonde leerders staan Candice Watney (menslike hulpbronne, VASTech), Bertram Broberg (menslike hulpbronbestuurder, VASTech), Gilroy Williams (skoolhoof) en Charlene Taurijo (waarnemende adjunkhoof).


Broodnodige skryfbehoeftes geskenk

You need to be Logged In to leave a comment.