Die Steenebrug, wat oor die Plankenbrugrivier na Bosmans Crossing lei, is onlangs ná aansienlike opgraderings van sowat R30 miljoen heropen. ’n Nuwe dubbelbaanbrug, wat ook ’n voetganger- en fietsoorgang insluit, is gebou terwyl die presiese posisie en belyning van die oorspronklike brug gehandhaaf is.