Buurtwagte van Stellenbosch, Pniël en Kylemore het Sondag (25 September) ’n vreedsame optog in Kylemore teen bendes, onwettige dwelmhuise en die onwettige smokkelary van drank gehad. Volgens sers. Charlene Pietersen, ’n polisiewoordvoerder vir Groot Drakenstein, was die wetstoepassers van Stellenbosch asook ’n private veiligheidsmaatskappy ook deel van die optog. Sers. Julian Martin het die Groot Drakenstein-polisie verteenwoordig.