Chadley Daniels van Weber Gedenkskool, wat in die Wes-Kaapse span opgeneem is, het verlede week van 23 tot 26 Maart aan die Nasionale skole-atletiekbyeenkoms in Potchefstroom deelgeneem. Hy het deurgedring tot die eindronde waar hy onderskeidelik die sewende plek in die 100 m vir seuns o.10 en die derde plek in die aflos vir seuns o.10 behaal het. Chadley se ouers en familie bedank elkeen vir hulle ondersteuning. Links staan Chadley by Ashlin van der Merwe (sportkoördineerder van Weber Gedenk Primêr).Foto:


Chadley bring medalje uit Potchefstroom

You need to be Logged In to leave a comment.