Chadley Daniels van Weber Gedenk Primêr het onlangs sy Boland-kleure verwerf. Hy het op 12 Maart die Boland-span in die Wes-Kaap Kampioenskap op Dal Josafat-stadion verteenwoordig. Chadley het onderskeidelik vierde plek in die seuns o.10 (80 m) en tweede plek in die seuns (100 m) behaal. Hy is opgeneem in die Wes-Kaapse atletiekspan wat van 23 tot 26 Maart aan die nasionale skole-atletiekbyeenkoms in Potchefstroom deelneem. Die skool is baie trots op hom. Bo staan Chadley Daniels by Wayne Anthony (waarnemende skoolhoof).Foto:
Chadley gaan Potch toe!
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.