Chadley Daniels van Weber Gedenk Primêr het onlangs sy Boland-kleure verwerf. Hy het op 12 Maart die Boland-span in die Wes-Kaap Kampioenskap op Dal Josafat-stadion verteenwoordig. Chadley het onderskeidelik vierde plek in die seuns o.10 (80 m) en tweede plek in die seuns (100 m) behaal. Hy is opgeneem in die Wes-Kaapse atletiekspan wat van 23 tot 26 Maart aan die nasionale skole-atletiekbyeenkoms in Potchefstroom deelneem. Die skool is baie trots op hom. Bo staan Chadley Daniels by Wayne Anthony (waarnemende skoolhoof).Foto: