Die ou, verlate mark in Langstraat, Cloetesville kry eersdaags ‘n nuwe baadjie. Inwoners sou die afgelope tyd ‘n “roering” by die mark in die buurt gesien het. Die organisasie Transformeer Cloetesville Tesaam (TCT) nooi al Cloetesville se belangstellende entrepreneurs en sakelui om ‘n inligtingsessie by die mark om 10:00 op Saterdag 5 Julie by te woon vir insae oor die mark se ontwikkeling. Die TCT-span beklemtoon dit is ‘n geleentheid vir Cloetesvillers deur Cloetesvillers. Kontak Gerhard by 084 603 2182 vir nog inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.