Die pistool wat met die gemeenskap se hulp deur Cloetesville-polisie gevind is.
Die pistool wat met die gemeenskap se hulp deur Cloetesville-polisie gevind is.

Die afgelope week het polisiebeamptes van Cloetesville-polisie groot sukses behaal nadat inligting uit die gemeenskap verkry is.

Volgens plaaslike polisiewoordvoerder, AO Zenobia Sedeman, is inligting wat deur die gemeenskap verskaf is onmiddellik opgevolg. Tydens die optredes het die polisie onder meer 38 sakkies tik gevind en ook op ‘n pistool beslag gelê. Twee verdagtes, beide 24 jaar oud, verskyn vandag (Vrydag, 10 Oktober) in die Stellenbosch-landdroshof in verband met die twee afsonderlike vondse. “Ons wil weereens die gemeenskap vir hul samewerking bedank en moedig inwoners aan om inligting deur te gee,” het Sedeman gesê.

Enigeen wat inligting aan Cloetesville-polisie wil verskaf kan so doen deur die polisiekantoor te skakel op 021 888 5940 of kan direk met stasiebevelvoerder Lt. kol. Monique Fortuin kontak maak by 082 411 2911.

  • Die pistool wat met die gemeenskap se hulp deur Cloetesville-polisie gevind is.

You need to be Logged In to leave a comment.