Die Cloetesviller Pieter Hough in gesprek met die gespreksleier, Shireen Crotz, by die boekbekenstelling van My death-defying miracles – How I met my higher self.

Familie en vriende van die Cloetesviller Pieter Hough het die afgelope Saterdag (15 November) saam met dié nuwe skrywer die bekendstelling van sy memoires gevier.

Hough (71) het ‘n jaar geneem om verhale uit sy lewe neer te pen. Die idee vir die skryf van sy memoires het gekom nadat een van sy oudkollegas sy eie boek geskryf het.

Met sy oorlede vrou, sy dogter, Petro, en seun, Heylen, wat bankvas agter hom gestaan het, het Hough geskryf oor sy grootwordjare in Tulbagh, sy skooljare in Ceres en hoe hy uiteindelik in die Eikestad beland het. Hier het hy verskeie werksposisies gehad, met die grootste gedeelte van sy loopbaan in die diens van die Universiteit Stellenbosch.

Hough se boek vertel van die moei- like tye, sy geloof en die vele wonderwerke wat sy lewe gespaar het.

Onder die ervarings wat Hough in My death-defying miracles – How I met my higher self deel, is hoe hy en sy gesin deur die 1961-aardbeweging gekom het.

“Ons het almal gedink dit is oordeelsdag. Een van die nadraaie van die gebeurtenis was dat die weermag gekom en tente opgeslaan het waarin die gemeenskap tydelik gewoon het. Die tente is agter die laerskool opgerig en toe is daar nie meer verskonings vir my ma om my nie skool toe te stuur nie,” vertel Hough skertsend.

Voor die aardbeweging het hy sy ma daagliks gevra om hom by ‘n skool in te skryf, omdat hy toe reeds 8 jaar oud was.

Skrywer Pieter Hough met sy dogter, Petro, en seun Heylen, en sy kleinkind ??? Foto: Yaël Malgas

Volgens Nicky Johannes, ‘n goeie vriend van Hough, sal lesers Hough in die verhale herken, maar in sommige gebeure het hy nie sy vriend herken nie.

Hough se susters, Elize Abrahams (69) en Magrieta Flaandek (61), was die afgelope Saterdag by die boekbekendstelling by die Ou Lückhof-gebou en het onder meer vertel hul ouboet was gewis hul ma se oogappel.

Hough se kinders het hul pa veral vir sy deursettingsvermoë om die boek te voltooi, geprys.

Pieter Hough by sy susters, Elize Abrahams en Magrieta Flaander. Foto’s: Yaël Malgas

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article