Coenie en Corlea tree by PRG op

Kom geniet ’n heerlike aand saam met Paul Roos Gimnasium en die gaskunstenaars Coenie de Villiers en Corlea Botha by die PRG-musiekfees.


Kom geniet ’n heerlike aand saam met Paul Roos Gimnasium en die gaskunstenaars Coenie de Villiers en Corlea Botha by die PRG-musiekfees.

Dié twee sangers, en die bekroonde PRG-koor-en-sanggroep, word Woensdag 24 en Donderdag 25 Augustus begelei deur ’n massa-orkes van 100 lede bestaande uit die PRG-orkes, die Madelein van Rooyen- String Studio, James Town Sounds en die Free State Youth Wind Band.

De Villiers het in 1983 bekendheid verwerf met sy album Skoppensboer en Corlea Botha het dieselfde in 2011 met haar album Wie is ek? reggekry. Coenie en Corlea reis tydens die PRG-musiekfees saam deur die wynlande.

Dié twee deurwinterde sangers word ondersteun deur die bekwame jong sangers van die PRG-koor-en-sanggroep, ’n massa-orkes, sowel as ’n massakoor van 500 kinderstemme.

Die PRG-musiekfees beloof ’n belewenis wat beïndruk, boei en bekoor.

Van Coenie se gunstelingliedjies, soos “Kringe om die maan”, “Desert Conversation” en “Wonder bo wonder” sal uitgevoer word. Corlea, op haar beurt, sal bekende treffers soos “The Show Must Go On”, “Imagine” en die Afrikaanse treffer “Grassade” uitvoer. ’n Hoogtepunt is die massakoor – ’n koor van 500 seuns – wat spesiale items soos “The Living Years” en Paul Roos se weergawe van “Ireland’s Call” sal lewer.

Die deure open om 18:30 en die vertoning begin stiptelik om 19:00. Kaartjies kos R150 by Quicket. V Die fees word deur Atterbury en X-Chequer Fund Management geborg.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.