Comrades ’n moet vir langasems

Altesaam 27 atlete van die Stellenbosch-atletiekklub het vanjaar aan die Comrades Marathon in KwaZulu-Natal deelgeneem en die 89 km tussen Durban en Pietermaritzburg aangedurf.


Altesaam 27 atlete van die Stellenbosch-atletiekklub het vanjaar aan die Comrades Marathon in KwaZulu-Natal deelgeneem en die 89 km tussen Durban en Pietermaritzburg aangedurf.

Eikestadnuus en met van die atlete gesels oor hulle ervaring.

Sanette Gibson sê die einde van die wedloop was by verre vir haar die beste. “En die gevoel van volkome dankbaarheid om die wedloop te kon voltooi. Ek het in Mei 2022 ’n knieoperasie (’n meniskus-skeurherstel) gehad. Daar was krukke, ’n stut en rehabilitasie betrokke. Dit was ’n wedloop teen tyd om te kwalifiseer, lang lopies (en die knie) te bestuur en genoeg kilometers op die bene te kry.

“My hardloopmaat, Henk Carstens, het my deur die voorbereiding ondersteun terwyl ek saam met hom op die weeklikse lopies fietsgery het. Hy en Neil Pretorius het naweke geduldig saam met my gehardloop. Henk het ook van begin tot einde saam met my in die Comrades gehardloop – ondersteuning, leiding en raad gegee. Ek is ewig dankbaar,” voeg sy by.

Vicky Smit, Larah Van Niekerk, Michelle Porter en Carene Fourie.Foto:

David EllisFoto:

Neil Pretorius en Julian Veermeer.Foto:

Alta Wolff saam met haar ouers, Herman en Lynette Wolff. Foto:

Bertus Swanepoel, Marzanne Swanepoel, Lize du Plessis en ‘Generaal’ du Plessis.Foto:

Kaleo FourieFoto:

Arthur en Alta Moore, Victoria Smit en Niki Steenkamp.Foto:

Sannette Gibson en Henk Carstens.Foto:

Albie Basson kry sy groen nommer by Willie Mtolo.Foto:

“Dit was ’n fees vir my! Dit was my eerste een en het al my verwagtinge oortref!” het Alta Wolff gesê.

“Ek het heeltyd gewag vir daardie pyn waarvan almal praat wat jou op 60 / 70 km vang, maar dit het nooit gekom nie. Die toeskouers en hele vibe was fantasties en ek dink ek het 95% van die pad geglimlag.

“Ek het in Durban grootgeword, so daar was baie bekende gesigte langs die pad. Ek sal verseker volgende jaar weer gaan, maar my pa sê hy kom net saam as ek ’n silwer hardloop,” voeg sy by.

Sy sê die moeilikste deel was om haar pas te bepaal.

“As ’n groentjie weet jy nie wat jou lyf gaan maak op 70 km nie en ek was bang ek gaan te vinnig of te stadig. Op die ou einde het ek na my lyf geluister en ná ’n vinnige eerste 30 km en het ek terug gesak na ’n gemaklike pas. Dis vrek ver, maar om te weet ek sien my ouers by die 30 km-, 50 km- en 70 km-merk, het baie gehelp met moraal.

“Om my hare te ontkoek ná die tyd was ’n ultra-marathon op sy eie.”

David Ellis sê vir ’n eerste keer Comrades-atleet wat nie geweet het wat om te verwag nie, was dit ’n fantastiese ervaring.

“Die omvang van die geleentheid was oorweldigend, die volkslied wat ons aan die begin saam met ‘Shosholoza’ gesing het, ek moes die emosies beteuel.

“Die ondersteuning langs die roete was fantasties en het my laat besef dat ondersteuners ook die omvang van die wedren waaraan ons meeding waardeer.

“Die feit dat 17 000 vreemde mense aan die begin tougestaan ??het, het my verstom, want ek het baie voorbereiding ingesit en om soveel ander mense te sien wat heel waarskynlik soortgelyke ure aan opleiding bestee het, maak mens nogal nederig.

“Ek dink Comrades is ’n gebeurtenis wat elke ernstige hardloper in Suid-Afrika ten minste een keer moet beleef,” sê Ellis.

Mike Cruywagen, wat sy sesde Comrades vanjaar gehardloop het, sê hy is tevrede met sy tyd.

“Ek het gemik vir onder 10 ure en het ingekom in 9:55. Die ses maande se voorbereiding en dan ook die dag is vir my baie lekker en ek gaan aanhou die Comrades draf totdat ek nie meer kan nie.”

Uitslae:

  • Carel Botha (11:51:30)
  • Francois Kotze (09:44:43)
  • Victoria Smit (09:45:23)
  • Mike Cruywagen (09:55:33)
  • Barry van Blerk (10:05:25)
  • Gideon van der Kolf (10:11:56)
  • Alexis van Zyl (10:23:06)
  • Kaleo Fourie (10:28:03)
  • Sannette Gibson (10:41:30)
  • Henk Carstens (10:41:30)
  • Charl Eugene du Plessis (10:54:46)
  • Elizabeth du Plessis (10:54:48)
  • Marzanne Swanepoel (10:54:48)
  • Bertus Swanepoel (10:54:48)
  • Nicolaas Steenkamp (07:18:49)
  • Alta Wolff (07:57:34)
  • Albie Basson (08:14:17)
  • Arthur Moore (08:36:48)
  • Wiaan Beeton (08:41:21)
  • David Ellis (08:49:52)
  • Julian Veermeer (08:52:47)
  • Neil Pretorius (08:55:30)
  • Larah van Niekerk (09:03:21)
  • Alta Moore (09:08:13)
  • Melanie Nel (09:42:02)
  • Michelle Porter (09:42:02)
  • Carene Fourie (09:42:03)
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.