Coronations vereer sy top spelers

, ,

Die Coronations-krieketklub het Vrydag 25 April sy beste spelers van die afgelope 2024-’25 -seisoen vereer. Die glansgeleentheid is by die Pniël-sportklub aangebied, met die klub wat die prestasies van sy […]


Die Coronations-krieketklub het Vrydag 25 April sy beste spelers van die afgelope 2024-’25 -seisoen vereer. Die glansgeleentheid is by die Pniël-sportklub aangebied, met die klub wat die prestasies van sy beste mans- en vroue-spelers gevier het. Mialize van der Vyver ontvang die Vrouespeler van die Jaar-prys by die hoofafrigter, Angus Simmers.

Danico Philmon, die beste kolwer, saam met Patty September.
Delmari Hoffman (regs) was die vrouespan se beste kolwer. Louise Petersen oorhandig dié trofee aan haar.
Kristen Fredericks ontvang die gesogte Sportvrou van die Jaar-trofee by Angus Simmers.
Die veteraanspeler Moseline Daniels is as die vrouespan se mees veelsydige speler aangewys. Wian van der Vyver, die hoofborg, is byderhand om die trofee te oorhandig.
Chad Ayford (regs) is Coronations se Sportman van die Jaar. Mark Alexander, voorsitter van die klub, oorhandig die trofee aan hom.
Allison Cyster oorhandig die toekenning vir die klub se mees veelsydige mans- speler aan Charl Cyster.
Kiano Valentine ontvang die prys as die beste bouler van die jaar by Evadney Denyssen.
Die veterane Angus Simmers (links) en Charles Denyssen is vir hul verteenwoordiging in die SA Impalas se o.60-veteranespan vereer.
Henry Junior Williams, die beste veld- werker, saam met met Allison Cyster.

You need to be Logged In to leave a comment.