Kaapstad se lug sal weer versier word met kleurvolle en kreatiewe vlieërs met die Kaapstad Internasionale Vlieërfees wat vandeesmaand deur Cape Mental Health aangebied word. Foto: Sulize Terreblanche


Die kollig die wêreld heen is in Oktober op Geestesgesondheidbewusmakingsmaand geplaas.

Vir die afgelope 30 jaar het die Kaapstadse Internasionale Vlieërfees ’n sleutelrol gespeel om menste te help om openlik oor hul geestesgesondheid te praat sonder vrees vir stigma.

Die vlagskipgeleentheid van Cape Mental Health skep ’n ruimte vir kunstenaars, ambassadeurs, geestesgesondheidsorggebruikers, vrywilligers en die publiek om hul stories van pyn, genesing en herstel te deel. Elke gesprek breek die stigma en bevorder ’n omgewing van nie-veroordelende en ondersteunende dialoog oor geestesgesondheid.

Vanjaar se tema, #HopeOnAString, is ’n kragtige metafoor vir veerkragtigheid. Net soos ’n vlieër hoër styg ten spyte van die broosheid van die tou wat dit vashou, so styg individue bo die uitdagings van die lewe uit. Elke trek aan die tou herinner ons aan die innerlike krag en veerkragtigheid binne ons almal.

Die fees is meer as ’n viering van vlieërs; dit werp lig op diegene wat geestesgesondheidsuitdagings in die gesig staar en beklemtoon die belangrikheid van vroeë ingryping en ondersteuning. Dit huisves plaaslike, nasionale en internasionale vlieërs, opskiet (pop-up) vlieërvertonings, gemeenskapsvliegbueenkomste, EduKite-kompetisies, vermaak, vlieërmaakwerkswinkels en nog baie meer.

Die geleentheid het ’n platform vir geestesgesondheidbewustheid geword, wat die insluiting van kinders, jeug en volwassenes met geestesgestremdhede aanmoedig. Met meer jongmense wat openlik oor hul geestesgesondheidsuitdagings praat, het die fees die narratief verskuif en deelnemers bemagtig om hul behoeftes en bekommernisse uit te spreek terwyl hulle pleit vir die beskerming van geestesgesondheid.

Van die hoogtepunte sluit in: die opskiet vlieërgeleentheid by Melkbosstrandstrand op Sondag 27 Oktober, met professionele vlieërs soos Mari en Bradley Ware-Lane, Bobby Gathoo, Brian Skinner en ander; die gemeenskapsvlieg by die Heideveld-sportterrein op Woensdag 23 Oktober; en die EduKite-kompetisie en prysuitdeling by Curro Century City op Saterdag 26 Oktober.

Cape Mental Health het ook ’n skarefinansieringsveldtog op Back-a-Buddy van stapel gestuur, met die doel om R250 000 in te samel in afwagting van die Kaapstadse Internasionale Vlieërfees. Alle skenkings sal die organisasie in staat stel om sy noodsaaklike werk voort te sit en geestesgesondheidsdienste uit te brei na kwesbare kinders en volwassenes in benadeelde gemeenskappe.

Om by te dra, besoek www.backabuddy.co.za. Vir meer inligting oor Cape Mental Health, besoek www.capementalhealth.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.