Die Stellenbosch-polisie het Dinsdag (3 Mei) op ’n daggavonds met ’n onbepaalde straatwaarde in Stellenbosch toegeslaan. “Lede van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid en sigbare polisiëring het ’n 40-jarige man by sy huis in Kondestraat in La Colline in hegtenis geneem waar hy glo ’n daggaplantasie bedryf het,” het kapt. Nathalie Martin, ’n polisiewoordvoerder, gesê. Die plantasie is glo gekweek met die doel om dagga te verkoop. Altesaam 370 plante, onder meer klein plantjies, is gekonfiskeer. Martin sê die verdagte is in aanhouding en sal na verwagting in die Stellenbosch-landdroshof verskyn. “ ’n Persoon wat die huis wou huur, het die huis gaan besoek en op die daggaplantasie afgekom. Hy het die polisie ontbied en die verdagte is in hegtenis geneem.”Foto:


Daggaboer vasgetrek

You need to be Logged In to leave a comment.