Die bekendstelling van Pieter van der Westhuizen se debuutbundel kortverhale, Wie weet wat mens nooit weet nie, is Vrydag 23 November by Erfurthuis in Stellenbosch gehou. Van der Westhuizen is in Februarie vanjaar oorlede. Die verhale speel in die 1950’s en 1960’s in die spoorweg- en myndorp Langlaagte af. Tydens die gesprek oor die bundel het Daniel Hugo (links) aan Marlene Malan van Turksvy Publikasies vertel dat die versameling verhale saam as ’n roman gelees kan word, en dat dit die sosiale en politieke werklikheid van daardie jare “op ’n outentieke en oortuigende wyse” uitbeeld. Foto: Engela Duvenage