Agter van links: Thurlo Venter (skaak), Alicia Mutangiri (skaak), Junaid Louw (landloop), Patrick Timmie (landloop), Giano Williams (gholf) en Taahirah Abrahams (gholf). Voor: Keenan Pietersen (seunshokkie), Casidy Gordon (meisieshokkie), Robin Williams (meisieshokkie) en Cycle Witbooi (seunshokkie).Foto:


Dis derbytyd en leerders van die Hoërskool Cloetesville en Hoërskool Lückhoff is oorgehaal om mekaar die stryd aan te sê wanneer hulle Vrydag (19 Augustus) die eerste keer sedert 2019 vir die byeenkoms aantree.

Geen items is die afgelope twee jaar weens die Covid-19-pandemie beslis nie.

Die derby word sedert 2003 tussen die twee buurskole beslis en Cloetesville het die laaste vyf – in 2015, 2016, 2017, 2018 en 2019 – gewen. Lückhoff sal egter dié keer die bordjies wil verhang omdat hy die gasheer is en tuisveldvoordeel geniet. Lückhoff het in 2013 laas gewen.

Vanjaar is die derby slegs vir leerders en onderwysers, met geen toegang vir die publiek nie.

You need to be Logged In to leave a comment.