Die jaarlikse derby tussen die Hoërskool Kylemore en Groendal Sekondêr vind op 13 Augustus op Kylemore plaas. Dit is die eerste keer ná twee jaar, weens die Covid-19-pandemie, dat die skole mekaar pak. Die verrigtinge begin om 10:00 met skaak, sokker, netbal en rugby. Hekgeld beloop R30 vir volwassenes en leerders sonder skoolklere, R20 vir leerders in skooldrag en R10 per motor. Bo is die Hoërskool Kylemore se eersterugbyspankaptein, Peter James, en Danielle Arnolds (Mej. Kylemore).Foto: