Laerskool Stellenbosch se o.11A- en B-netbalspanne het Saterdag 18 Mei aan die Kainos Welgemoed- netbaltoernooi deelgeneem. Hulle het gespeel teen Gene Louw, Bastion, Eversdal en Kenridge. Die o.11A-span het tweede geëindig en die o.11B-span is as die kampioene van die dag op hul baan aangewys nadat hulle al die spanne gewen het. Die o.11B-span is agter Mieke Britz, Chloë Haupt, Larissa Scholtz en Jeannie Myburgh. Voor is Tessa van Lamp, Anna Retief, Melite Stimie, Isabella Visagie en Lana Malherbe.
Dié meisies ken hulle netbal
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.