Carl Roothman wat onlangs die o.14-enkelspel-titel by die ITF/CAT Afrika Junior Kampioenskappe gewen het.


Gedurende die afgelope skoolvakansie het verskeie Paul Roosers deelgeneem aan verskillende tennistoernooie oral in Suid Afrika.

Die grootste prestasie is gelewer deur Carl Roothman (graad 8) wat tydens die ITF/CAT Afrika Junior Kampioenskappe by die Benoni-tenniskompleks die o.14-enkelspeltitel gewen het.

Carl, wat vyfde gekeur was, het die derde gekeurde Marokkaan, Mhedi Benchekroun met 4-6, 6-2, en 6-1 geklop.

Carl het ook uitgeblink in die dubbelspel en in die finaal verloor.

Verskeie ander top-vertonings is gelewer deur Paul Roosers gedurende twee belangrike tennistoernooie in Bloemfontein.

TSA-reeks in Bloemfontein:

Rossouw Norval: Seuns o.18-enkel – 3de plek

Christiaan van der Wath: Seuns o.18-enkel – 5de plek

Wikus Robbertse: Seuns o.16-enkel – 3de plek

Ruben Fortuin: Seuns o.16-enkel – 9de plek

Wikus Robbertse: Seuns o.16-dubbel – 2de plek

SA Kampioenskappe in Bloemfontein:

Rossouw Norval: Seuns o.18-enkel – 10de plek

Christiaan van der Wath: Seuns o.18-enkel – 7de plek

Wikus Robbertse: Seuns o.16-enkel – 18de plek

Ruben Fortuin: Seuns o.16-enkel – 21ste plek

Wikus Robbertse: Seuns o.16-dubbel – semifinalis

Carl Roothman: o.14-enkel – 4de plek

Carl Roothman: o.14-dubbel – 2de plek

Tydens die inter provinsiale tennistoernooi is Ruben Fortuin gekies vir die SA Hoërskolespan wat gedurende die Junie-vakansie gaan deelneem in Engeland.

You need to be Logged In to leave a comment.